Kom leer saam met Vuurhoutjie die alfabet
* Vuurhoutjie is ’n lewenslustige, energieke en vurige mannetjie wat brand om jou te leer.
* Die alombekende stem van Magda van Biljon bring nuwe lewe aan die alfabet en sy klanke – in Afrikaans !
* Hierdie program is hoofsaaklik gemik op leerders tussen die ouderdom van 4 en 7 jaar. Die interessante animasie sal egter jonger leerders se aandag ook behou.
* Deur middel van herhaling, assosiasie en die opwindende animasie sal jou kleuter die alfabet op ’n speelse manier baasraak – beide op ’n visuele en ouditiewe vlak.
* Elke letter het ’n naam en ’n klank. In hierdie program word die klem juis op die klank gelê. Hierdie klanke vorm die boustene vir lees en spelling.
* Elke letter van die alfabet word geklank met ’n bypassende woord, sin en prentjie. ’n Kombinasie van eenvoudige en meer komplekse woorde is gebruik om woordeskat uit te brei en sodoende taalontwikkeling te stimuleer.
* Die program is uiters gebruikersvriendelik en leerders behoort sonder ouerleiding die program te kan gebruik.
* Kom leer saam met Vuurhoutjie en gee jou kind speel-speel ’n voorsprong!
免費玩ABC met Vuurhoutjie APP玩免費
免費玩ABC met Vuurhoutjie App
熱門國家 | 系統支援 | 版本 | 費用 | APP評分 | 上架日期 | 更新日期 |
---|---|---|---|---|---|---|
台灣 Taiwan | Android Google Play | 1.1 App下載 | NT$68.0 | 2014-02-18 | 2015-03-26 |